A Bit of History

MOBILE HAIR INTERNATIONAL is a respected Salon that makes you feel welcome and by the time you are done with many of our services like cutting, styling, perms and much more you will feel good.

Feeling good about the way you look is very important and we take this serious, Please stop and let us do our magic and let you leave the salon feeling relaxed and satisfied

Ek het my besigheid in April 2019 na die volgende vlak geneem en is nou jou eksklusiewe mobile haarkapper.

Wat dit beteken is dat ek nou na jou huis toe kom en jou hare in die gemak van jou huis doen, lekker nê?

My pryse is steeds dieselfde. Nou kan jy 1 afspraak maak vir die hele gesin. Onthou ek kan nou net ‘ n seker hoeveelheid afsprake per dag vat so bel vroeg om teleurstelling te voorkom

Since April 2019 I took my business to a new level  and now I am your exclusive mobile stylist.

This means I will come to you to style your hair in the comfort of your own home isn’t it exciting? 

My fees remain the same and you can now make an appointment for the entire family all in one go.  Keep in mind that I can only manage a limited amount of appointments on a daily basis so please call early to avoid disappointment.

Die papie het oopgebreuk en die vlinder is besig om sy vlerke gereed te maak om sy te sprei en sy vlug aan te pak hoe hoog sal afhang van my,  myself en my kliente.

Welkom by die nuwe Mobile Hair International  waar die klient alfa en omega is. Vanaf 01/01/2015 is ek Phillip van Dalen die aleen eienaar van Mobile Hair International. Die wat my ken sal weet dat my werk van hoogstaande gehalte is. Ek beoog om die salon se gehalte van diens te verbeter en uit te brei om die klient die voordeel te laat trek.

Ek is besig om my web blad te ontwikkel wat die klient kan besigtig . Dit is gekoppel aan my facebook , whatrsapp, twitter, instagram, snapchat en pinterest wat kliente die voordeel gee van om vanaf hul foon verskeie take te kan verrig . Op so ‘n manier  weet die klient presies wat hy /sy wil he nog voor hul die my kontak . Dit gaan moontlike konflik en ongelukigheid uitsny sodat die klient ‘n gelukkiger mens uit kan agterbly. Ek beoog ook om van alle analogiese advertensies ( haarstyl boeke pamflette ens) weg te beweeg en digital te gaan sodat die klient altyd op hoogte kan bly van die nuutste hairstyle, kleur  tegnieke, sny tegnieke ens.  Hou ook hierdie media dop vir spesiale aanbiedinge , want ek mag dalk ‘n spesiale aanbod net vir ‘n dag aanbied wat tot die klient se voordeel kan wees. Met die web blad kan die klient ook sy / haar beplanning doen vir die maand / jaar ens wat die klient in staat stel om ‘n begroting vir sy/ haar hare te kan beplan.

 

 

My missie in die lewe is om kwaliteit diens aan al my kliente  te lewer ongeag hul finansiele status,  deur :

  1. Om die beste produkte te gebruik wat beskikbaar is.
  2. Om die beste / nuutste tegnieke te gebruik.
  3. Om te alle tye my personeel op te lei om die nuutste tegnieke te leer, korrek  te gebruik om die    klient die voordeel  te  laat trek.
  4. Om die proses van afsprake maak te vergemaklik deur om te alle tye per telefoon of whatsapp ,  ens jou afsprake te kan maak.
  5. My besigheids telefoon is 24uur aan,  so kliente kan my daarop ook in die hande kry om afsprake te maak .
  6. Graag wil ek ook my kliente vra om klagtes van enige aard na my telefoon of e-pos aan my te stuur sodat ek die besigheid se algehele dienslewering kan verbeter.

 

Ek en my personeel  skop dus hierdie jaar af met ‘n nuwe blaadjie  waar die klient  1ste kom in alle opsigte en te alle tye :

  1. Deur altyd na die klient te  luister  wat  hul wil he en dit dan aan hul te gee sonder  versuim .
  2. Om te luister na die klient se klagtes en om dit sonder versuim reg te stel , al het die klagte nie sy oorsprong in die salon nie.
  3. Deur die klient met objektiewe raad te bedien, sodat die klient se hare altyd in die beste toestand kan wees wat dit onder die omstandighede kan wees.

 

Betaling

Betaling kan op die volgende maniere geskied

1 Kontant

2 krediet / debiet kaart

Close Menu
Shares
× Click to Contact me on WhatsApp